text
stringlengths
1
96.5k
AFSLAANKAPMOTORS HET GEWOONLIK ORDENTLIKE KARAKTEREIENSKAPPE – DINK MAAR AAN DIE GOEDGEMA­ NIERDE MAZDA MX­5, DIE BEDEESDE MERCEDES­BENZ SLK­VIERSILINDERS OF DIE BOKKAPATER VAN OOPDAKKE: DIE PEUGEOT 306 CC. MAAR SOMS VIND JY EEN WAT ’N BOSE MUTASIE ONDERGAAN HET. SOOS DIE BMW M6 MET DIE SWART KAPMANTEL, SKRYF PIETER­JOZUA ERASMUS.
ie onthulling van ’n nuwe BMW deur sy M­afdeling – waar witjasse die enjins ekstra perde gee – laat motormalles wêreldwyd regop sit om te sien hoeveel meer brutaal die troonopvol­ ger gaan wees. En soos Dr Jekyll of die wrede Patrick Bateman in American Psy­ cho is die M­motors nie lelik nie. Die nuwe BMW 6­Reeks se stilering is ’n groot verbetering op dié van sy voor­ ganger, en selfs die “afgeroomde” 640d wat InRat onlangs bestuur het, het ’n pragtige ontwerp. Wanneer die nuwe oopdak­6­reeks die M­baadjie aantrek, lyk hy verbasend ge­ woon. Die aggresiewe voorste lugskorte, wye wielboë en vier uitlaatpype verklap egter aan entoesiaste dat 560 befoeterde perde (412 kW) onder die enjinklap skuil. Anders as in sy voorganger, waar ’n vyf­ liter­V10 die bande laat rook het, tree ’n nuwe 4,4 liter­V8 aan vir diens. Daar is egter twee turbo’s daarop vasgeskroef, wat die maksimum­wringkrag na ’n in­ drukwekkende 680 Nm kan opjaag, teen­ oor sy voorganger se “beskeie” 520 Nm. Hierdie wringkrag is al teen ’n lae 1 500 r/min. beskikbaar, wat beteken jy kan jou passasiers sommer al met die wegtrek­ slag skrikmaak. Binne is die M6 se afwerking van ’n hoë gehalte. Nie dat jy iets anders ver­ wag van ’n motor wat amper R1,5 mil­ joen kos nie. (Ons toetsmotor se opsies
Produkte vir Amarok
Suspensies Onderstelbeskermingsplate Snorkels Kant-beskermstawe
het die prys opgejaag tot R1,7 miljoen). My tweejarige dogter, Ané, het duidelik besonder goeie smaak, want sy het ’n vreeslike keel opgesit toe ons haar uit die motor tel. Daar is knoppies wat die ratskakelings, gewig van die stuurgevoel en die ferm­ heid van die vering verstel. Daar is ook drie bestuursmodusse: Comfort, Sport en SportPlus, waar jy die petrolpedaal se re­ aksie, ingrypingspunt van die stabiliteits­ beheer, snelheid van die ratskakelings, gevoel van die stuur en die vering kan stel. As jy Comfort kies, voel dit of jy in ’n 640d rondrits, en die intimiderende M6 is verbasend maklik om mee saam te leef. SportPlus is die ander kant van die M6 se persoonlikheid: Dan word die sta­ biliteitsbeheer afgeskakel en alle verstel­ lings is op maksimum. Daar is ook ’n M1­ en M2­knoppie op die vet M­stuur­ wiel waar jy jou eie groepering van ver­ stellings kan programmeer. Ons toetsmo­ tor se M1­knoppie het al die verstellings op maksimum gehad. En wie is ons om hiermee fout te vind? Die M6 het twee sitplekke agter, maar die spasie daar is skraps. Die sagte (elek­ triese) afslaandak kan tot op ’n snelheid van 40 km/h oop­ of toemaak. Hoe loop hy? Wanneer jou regtervoet entoesiasties raak met die wegtrekslag en die M6 kort daarna derde rat haak, besef jy die groot Duitser beplan nie om enig­
Produkte vir T4 en T5
- Suspensies - Onderstelbeskermingsplate
Produkte vir Touareg
R1 485 500 (sonder opsionele ekstras)
412 kW @ 6 000 r/min. en 680 Nm @ 1 500 – 5 750 r/min.
0-100 km/h in 4,3 sek. en topsnelheid beperk tot 250 km/h
10,3 F/100 km en 239g CO2/km
300 F & 350 F (onderskeidelik met die dak af- en opgeslaan)
Vyfjaar- of 100 000 km-Motorplan
Jaguar XKR-afslaankap, Porsche Carrera S Cabriolet of ’n rit op die Cobra by Ratanga Junction
sins op te hou versnel nie. Die oorskake­ ling van die sewegang­ratkas (die dubbel­ koppelaar­soort) is seepglad en sonder onderbrekings wat die vloei van krag be­ tref. Die 0­100 km/h­naelloop is binne 4,3 sek. verby, en ná slegs 13,1 sek. kan hy teen 200 km/h draf. Mamma! Wanneer die ratte oorskakel terwyl jy hard ver­ snel, blaf die Beemer se uitlaatpype en hy skop jou in die rug. Lekker! Van bakrol (wanneer ’n voertuig oor­ leun in draaie) is daar geen teken nie, en die M6 hanteer soos ’n jagluiperd wat sy prooi jaag. Goed, ’n vet jagluiperd, want dié M6 weeg 2 ton. Dit is omtrent ’n hal­ we ton meer as die (veel duurder) McLa­ ren 12C Spider! Net soos Dr Jekyll nie van Mr Hyde kan ontsnap nie, is die teendeel ook waar: Al is die M6 ’n maniak, bly hy deels ’n gentleman se koets. Daar’s dus plek vir bagasie en die rit gaan nie ver­ oorsaak dat jy gereeld ’n draai moet maak by jou ruk­en­pluk­dokter nie. Die vorige geslag M6 was ’n plesier om entoesiasties te bestuur, maar die SMG­ ratkas was besluiteloos teen stadige snel­ hede. Die nuwe model se M­DCT­ratkas en V8­turbo is ’n veel bruikbaarder kom­ binasie op ’n alledaagse basis. Hy speel dus die rol van Jekyll én Hyde baie goed. En dit is beslis ’n pakket wat jou laat glimlag. Veral as jy een van daardie M­knoppies druk!
Stormsterk Santa Fe
it was ’n donker, stormagtige nag... Goed, kom ons begin weer. Son­ der ’n cliché. Wel, dit wás ’n donker, stormagtige nag. Een met ’n sneeustorm, yswind en vrieskoue. Dit was Januarie 2000, en ons was op pad van New York af Detroit toe. In ’n sneeustorm. Die rede? Om die jongste metaal op die Detroitse Motorskou te gaan waardeer, en padlangs was al uit­ weg, want die lughawens was bottoe. Dít was die omstandighede rondom my eerste kennismaking met Hyundai se Santa Fe – in daardie stadium nog net ’n konsepryding waarmee die Koreaanse vervaardiger skougangers verras het. Dié eerste Hyundai­probeerslag in die sportnutsmark was potsierlik in vele op­ sigte, maar ondanks mediabedenkinge het dit in Amerika ’n storm los verkoop. Plaaslik was dit nie so suksesvol nie, maar die tweede geslag, wat in 2006 die lig gesien het, het ’n meer konvensionele voorkoms en afwerking gehad en het gou ’n nis uitgekerf as ’n bekostigbare alter­ natief tot duurder mededingers uit Ame­ rika, Japan en Europa. Hierdie model is in 2010 finaal hersien, met onder meer ’n nuwe dieselenjin en sesgang­ outomatiese ratkas, en verlede jaar is die langer en breër derde geslag vir die eerste keer in New York gewys. En nou is hy hier. Plaaslik bestorm hy die mark met drie weergawes – ’n 4x2 en twee 4x4’s – met verskillende afwerkingsvlakke: Premium, Executive en Elite. Die Premium is slegs met 4x2­voorwielaandrywing en vyf sit­ plekke beskikbaar, terwyl die ander 4x4­ aandrywing het en plek vir sewe mense. Die Premium kry ook 17­duim­bande, ter­ wyl die Executive met 18­duimers en die Elite met 19­duim­bielies toegerus is (elk­ een met sy eie wielpatroon). Soos met die iX35 en ander nuwe Hyundai­modelle kom die “Fluidic Sculp­ ture”­ontwerp van Peter Schreyer, nou stylgrootbaas van Hyundai én Kia, en Thomas Bürkle sterk na vore in die San­ ta Fé, maar hy het ook sy eie unieke ont­ werpkonsep genaamd “Storm Edge”.
Van vaal en vervelig tot vars en prettig
Vlymskerp stilering deur Hyundai­Kia se begaafde ontwerpers maak die Santa Fe mooier as Duiste veldwaens wat die helfte meer kos | FOTO: HYUNDAI Binne is die afwerking modern en ver­ beeldingryk, in pas met Hyundai se stre­ we na “moderne premium” produkte. Die middelkonsole en instrumentepaneel met blou agtergrondbeligting lyk futuristies en is netjies, met skaflike materiale en ’n goeie afwerking. As standaardtoerusting is daar afson­ derlike outomatiese lugreëling vir die be­ stuurder en voorste passasier (dit kan ook verstel word om agter te verkoel), ’n verkoelde paneelkissie, ’n goeie klankstel­ sel met ses luidsprekers en beheerknop­ pies op die stuurwiel, asook Xenon­hoof­ ligte, elektriese invou­syspieëls en ’n ou­ tomatiese reënsensor met spoedsensitiewe ruitveërs. Die groter binneruim en verbeterde sit­ plekposisie beteken meer been­ en kop­ ruimte voor, en groter deure maak in­ en uitklim makliker as in sy voorgangers. Ook die tweede ry sitplekke bied goeie
sitgerief, maar die platvou­sitplekkies ag­ ter in die sewesitplekmodel is net vir tjokkers. Pakplek is ruim, en die vyfsitplekmo­ del het plek vir meer as ’n kiloliter baga­ sie, terwyl die sewesitplekmodelle 994 li­ ter kan sluk. Die Elite het ook bykom­ stighede soos ’n elektriese handrem met outomatiese houfunksie, ’n tru­kamera en ’n vollengte sondak, maar in geeneen is voorsiening gemaak vir ’n ingeboude sa­ tellietnavigasiestelsel nie. Soos in sy voorganger is die turbodie­ selenjin van 2,2 liter en sesgang­ outoma­ tiese ratkas die enigste keuse. Met 145 kW en 436 Nm wringkrag wat van ’n lae 1 800 r/min. beskikbaar is, is die nuwe­ linge se verrigting heel gangbaar. Die 4x4­modelle het ’n ewenaarslot ag­ ter, maar sonder laestrekratte bly hulle veldvermoë beperk tot sand­ en mak kliproetes. Dis ook ’n ope vraag hoe die
PRYSE Santa Fe R2.2 Premium 4x2 5-sitplek – R434 900 Santa Fe R2.2 Executive 4x4 7-sitplek – R459 900 Santa Fe R2.2 Elite 4x4 7-sitplek – R499 900
oyota werk hard om lewe en emosie in sy rygoed te blaas. Eers was dit die betowerende 86, en onlangs is die nu­ we Auris plaaslik bekend gestel. Die Auris is ingrypend verander. Hy lyk nou vaartbelyn – hy’s laer as voor­ heen – en sportief, met ’n houding wat die oog tref. Sy verbeterde lugdinamika, laer swaar­ tepunt en ’n gewigsverlies van sowat 50 kg dra by tot ’n beter rit, hantering en brandstofverbruik, sê Toyota. Al het hy nog dieselfde onderstel as sy voorganger, is die nuwe Auris ’n raps ruimer. Die bagasieruim is gerek en sluk nou 360 liter teenoor die vorige model se 283 liter. Dis ’n hele rugsak meer. Die binneruim steek wel effens af teen die res van die motor. Die gehalte is eer­ steklas, maar die ontwerp van die silin­ dervormige instrumentepaneel lyk verou­ derd en oninteressant. ’n Glanspunt is die nuutontwerpte, uiters gemaklike sit­
Koreaanse Nexen­bande in plaaslike toe­ stande sal vaar. (Ek het nog nooit van dié naam gehoor nie.) Die nuwe Santa Fe se netjiese voor­ koms, goeie toerustingvlak en bewese vei­ ligheid (’n vyfstertoekenning van die streng Europese NCAP­botstoetse), maak dit ’n waardepakket wat ’n stewige waar­ borg en vyfjaar­ of 90 000 km­diensplan insluit. As daar ’n petrol model, ’n hand­ ratopsie, en dalk ’n sewesitplek­4x2­mo­ del beskikbaar was, meen ons mededin­ gers soos die BMW X3 en Audi Q5 sou hulle midde­in ’n enorme Koreaanse storm bevind het. – Ferdi de Vos
Die nuwe Auris is ’n wittebrood­speelpakkie teenoor sy ouma­bloomer­voorganger | FOTO: QUICKPIC plekke asook die dik, leerbedekte stuur­ wiel – standaard in alle Auris­variante. Met die bekendstelling het ons slegs die 1,6 liter­handrat­weergawes (almal met ses gange) onder hande gehad. Die rit en hantering is tipies Toyota – voor­ spelbaar en bekwaam – maar moenie vuurwerk verwag van die 1.6 liter­enjin
se 97 kW en 160 Nm nie. Hy lýk wel soos ’n vurige blitsbuksie, maar is nie. In die vlagskip­XR­reeks kry jy ook ’n outomatiese opsie – die palwisselratkas (CVT). Opwindende nuus is dat ’n petrol­ elektriese hibriedmodel teen einde Febru­ arie bekend gestel word. Veiligheidskenmerke vir die reeks sluit
in sluitweerremme, remkragverspreiding en remhulp, maar geen stabiliteitsbeheer nie. Dít terwyl die hele VW Golf­reeks dié belangrike veiligheidseienskap het. Die goedkoper modelle is gepantser met vier lugsakke, wat minder is as al die Golfs se sewe. Die XR’s kry wel gordyn­ lugsakke plus ’n knielugsak vir die be­ stuurder by. Toyota sê die hibried sal sta­ biliteitsbeheer hê. Standaard­luukshede vir die reeks sluit in lugreëling, ’n klankstelsel met beheer­ knoppies op die stuurwiel, ’n USB­iPod­ sok en snelheidsbeheer. Die 1.6 XS­weergawe het bykomende luukshede soos ’n vertoonskerm met ’n truratkamera, ses luidsprekers, sportsit­ plekke voor, misligte en Bluetooth. Die vlagskip­XR pronk met leerbe­ kleedsel, outomatiese lugreëling, verhitte sitplekke, outomatiese hoofligte en sleu­ tellose toegang. Die nuwe Auris is in ses kleure be­ skikbaar, wat ’n lewendige oranje, Infer­ no Metallic, insluit. Die Auris het ’n drie­ jaar­ of 100 000 km­waarborg en ’n vyf­ jaar/90 000 km­diensplan. – Corlette Heyns PRYSE Auris 1.3 Auris 1.6 Auris 1.6 Auris 1.6 Auris 1.6
X – R195 000 Xi – R217 500 XS – R228 600 XR – R253 200 XR CVT – R265 600
Statig, maar matig
2,0 F- viersilinderturbodiesel
125 kW @ 4 200 r/min. en 350 Nm @ 1 750 – 2 500 r/min.
0-100 km/h in 8,6 sekondes en 220 km/h topsnelheid
5,5 F/100 km en 144g CO2/km
70 F 532 F
Driejaar- of 120 000 km-waarborg, vyfjaar- of 100 000 kmdiensplan, versien elke 15 000 km
Audi A4 2.0 TDI Multitronic SE, BMW 320d Steptronic
Met sy vaartbelynde, vloeiende fatsoen herinner die CC aan ander sogenaamde “vierdeurkoepees” soos BMW se 6­Reeks Gran Coupé en Mercedes­Benz se CLS. Hy maak hulle amper oorbodig en kos aansienlik minder | FOTO: NP
OF JY NOU SAAMSTEM ’N MENS KAN ’N VIERDEURMOTOR ’N KOEPEE NOEM OF NIE, DIE VOLKSWAGEN CC IS SÓ VER­ FYND EN GERIEFLIK DAT JY NÁ ’N WEEK AGTER DIE STUUR NIE MEER OMGEE NIE, REKEN ANÉ THERON.
ie VW CC was nog altyd ’n be­ geerlike ryding. Maar met die ver­ anderings wat aangebring is om dié weeldewa binne­ en buitelangs op te kikker, is hy nou selfs nóg bekoorliker. Die lenige lyf en prima­ballerina­grasie sorg dat mense die kar met groot bewon­ dering aanstaar. En as die nuwe LED­ dagliggies eers skyn, is die CC selfs moeiliker om mis te kyk. Die binneruim is klassiek en minima­ listies, soos ’n swart Calvin Klein ­aand­ rok. Daar is nie ’n enkele faset wat oor­ geslaan is nie: Elke knoppie, liggie en handvatsel lyk en voel na gehalte. Ek het heeltyd ’n verskoning gesoek om iewers heen te ry. En omdat die die­
sel net hou en hou en hou, kon ek om­ trént met die CC rondrits. My eerste rit van 145 km was van die Kaapstadse middestad af tot by ons huis op Hermanus – met die R44, of “see­om”, soos die Overbergers dit noem. Ek was al by Kleinmond, 100.7 km uit die Kaap, toe die ritrekenaar wys ek kan nog 1 040 km ry. ’n Paar dae later moes ek Caledon toe (met die N2) om aansoek te doen om ’n nuwe ID­boekie. Die man wat my vinger­ afdrukke neem, gesels opgewek oor die CC wat voor die geboutjie staan. “Mevrou,” sê hy, “ek wil net vir jou sê jy het ’n pragtige motorkar, maar hy bring die verkeer hier tot stilstand. “Niemand op Caledon het nog ooit so
Tunland se 4x2 trap ’n stewige spoor F
oton, China se grootste vervaardiger van handelsvoertuie, het die netjiese Tunland ISF 2.8 4x4 verlede jaar in Suid­ Afrika bekend gestel. Twee nuwe 4x2­ weergawes het pas by hulle aangesluit: die basiese Comfort teen R249 950 en die Luxury (met onder meer donkergrys leer­ sitplekke) teen R269 950. Foton glo die Tunland 4x2 gaan die 4x4 help om ’n klompie kopers by bakkieland se groot kokkedore soos Toyota en Ford af te vry. Met die bekendstelling in Johannesburg het ek net met die Luxury­weergawe be­ stuur, en al was dit ’n korterige rit, het ek dit só geniet dat ek niksvermoedend te vinnig deur ’n spoedlokval geseil het – een wat mooitjies aan die onderkant van ’n bult gesit het. Die Tunland se hoogte­ punt is sy ywerige Cummins­turbodiesel­ enjin van 2,8 liter wat 120 kW en 360 Nm wringkrag beskikbaar stel en wrag­ gies lekker trek wanneer hy moet. Die afwerking in die kajuit is goed, en die knoppies en kontroles lyk of dit ge­
bou is om te hou, anders as waaraan ons gewoond is in soveel Chinese rygoed. Die agterste ry sitplekke het ook verbasend baie uitstrekplek, meer as baie van sy mededingers. Die enigste afrondingsfout­ jie was te bespeur op die USB­prop se rubberhuls, wat gelyk het of dit met iets warms in aanraking was. Ons het ook gesukkel om die ritrekenaar se skrif te lees in helder lig. Die ratkas was effens stram, maar dit sal dalk losser raak wan­ neer ’n mens dit baie gebruik. Dit was geensins raserig terwyl ons gery het nie. Die Tunland is beslis een van die mooier bakkies op die pad. Hy lyk sterk en eiesoortig – veel beter as sy onaan­ sienlike ouboet, die Thunda. Die buiten­ ste deurhandvatsels het besonder mooi detail en die deure voel lekker stewig met die oop­en toemaakslag. Die vensters is elektries, maar die Luxury­weergawe s’n het ook ’n antiknyp­funksie. Wat veiligheid betref, is daar twee lug­ sakke vir die voorste insittendes. Sluit­
’n motor gesien nie.” Op pad terug besluit ek om met die minder goeie R320 langs terug te ry, om my avontuurlus se onthalwe. Halfpad is daar egter ’n bordjie wat sê die pad is toegemaak en motoriste moet die grond­ pad deur Tesselaarsdal neem. Dis ’n ver­ late en stowwerige uitstappie, en twee keer kom ’n haastige boer in ’n bakkie verbygejaag. My gemiddelde spoed is so 85 km/h, want ’n grondpad is niemand se speelmaat nie. Maar die CC gedra hom perfek. Die veringstelsel absorbeer elke skok, en die enigste ratelgeluid is my handsak se metaalhandvatsels. Ek geniet die pragtige roete met die gerustheid dat die glybeheer die CC se wiele rotsvas op die aarde hou. Kfm speel lekker musiek uit die uitstekende klankstelsel, en on­ danks die grondpad is dis verbasend stil in die kajuit. ’n Halfuur later kom ek eindelik op die R43­teerpad anderkant Stanford uit waar ek kan regs draai Her­ manus toe. Die pad is weereens stil… en
ek sit voet in die hoek. Wat so lekker is van die lewendige tweeliter­turbodiesel is dat die kraglewering so geleidelik en be­ skaafd gebeur, maar terselfdertyd met se­ kerheid en oorgawe. Die sesgang­ outo­ matiese ratkas se oorskakeling gebeur só saggies dat ek skaars daarvan bewus is. Die stuur voel effens ligter as wat ek sou verkies, maar dis nie werklik iets om oor te kla nie. As parallelle parkering jou doodsteek is, kan jy met die druk van ’n knoppie die parkeerhulp aktiveer. Die CC se sen­ sors kan dan ’n parkeerplek tussen ander karre “sien” wanneer jy verby ry. Sodra jy die kar dan in trurat gesit het, kan jy maar die stuurwiel los en kyk hoe hy vanself draai tot jy netjies in die parkeer­ plek staan. Al wat die bestuurder hoef te doen is rem. Ek was lanklaas so traag om ’n kar te­ rug te gee, ook omdat die 70­liter­tenk nog ’n derde vol diesel was! Teen R387 600 is die CC TDI DSG ’n goeie kopie, veral as jy sy rygenot, gerief en gehalte in ag neem – om nie eens te praat van al die geld wat jy op brandstof gaan be­ spaar nie. Behoort jy eerder ’n Audi A4 2.0 TDI Multitronic (R368 500) of BMW 320d Steptronic (R408 500) te koop? Miskien, maar dan moet jy jou reg­ maak om heelwat harder te hoes vir sommige ekstras. In die CC is dinge soos die parkeerhulp en verhitte leersitplekke standaardtoerusting.
Foton Tunland 2.8 ISF 4x2 (dubbelkajuit)
Chinese bakkies maak vordering wat gehalte betref. Die nuwe dubbelkajuit­Tunland 4x2 is ’n voorbeeld hiervan | FOTO: VERSKAF weerremme met elektroniese remkragver­ spreiding plus remhulp is standaard. Die deure sluit vanself wanneer ’n mens weg­ ry, daar’s ’n alarmstelsel en die ligte het ’n “volg my huis toe”­funksie, wat bete­ ken hulle bly aan terwyl jy buite in jou handsak grawe vir jou voordeursleutels. Volgens Foton kan die Tunland 2,5 ton sleep. Wat meer wil jy van ’n dubbelka­ juit­bakkie in hierdie prysklas hê? Naver­
kope sluit ’n driejaar­ of 100 000 km­ waarborg in, plus ’n tweejaar­ of 40 000 km ­diensplan en drie jaar se padby­ stand. PRYSE Tunland 2.8 ISF 4x2 Comfort (dubbelkajuit) – R249 950 Tunland 2.8 ISF 4x2 Luxury (dubbelkajuit) – R269 950
Motor van die Jaar Aangebied deur Wesbank en die Suid­Afrikaanse Motorskrywersgilde
Watter wa gaan die kroon dra? VANDEESWEEK HET 29 LEDE VAN SUID­AFRIKA SE MOTORSKRYWERSGILDE DIE 12 FINALISTE IN VANJAAR SE MOTOR VAN DIE JAAR­KOMPETISIE BY DIE GEROTEK­TOETSBAAN NABY PRETORIA GEËVALUEER. NADAT HULLE GESTEM HET, SAL DIE WENNER OP 6 MAART BY ’N GLANSDINEE IN JOHANNESBURG AANGEKONDIG WORD. HIER IS DIE TWAALF, MET ’N KORT INRAT­MENING OOR ELKEEN.
BMW 320i outomaties – R379 000
Kia Rio 1.4 TEC Hatch MT – R182 995
Nissan Juke 1.6 DIG­T Tekna – R279 900
Die Beierse ikoon pryk al ses keer op dié trofee – die meeste van al die deelne­ mers tot nog toe. Statistiek tel dus in sy guns. Die outomatiese 320i sorg vir ’n gerieflike dog sportiewe bestuurservaring, veral danksy die turboaanjaer onder die kap – dié lewendige perd laat sy voor­ ganger, die “ou” 320i, soos ’n donkie voel. Jy kan maar jou geld op hom sit.
Die Rio is die hoofkarakter in Kia se suk­ sesverhaal. Hy bring stilistiese opwinding na ’n saai segment, met byspelers soos die Hyundai i20, VW Polo, Opel Corsa en talle vergeetbare Chinese waentjies. Dan is hy nog vrygewig toegerus én nie te duur nie. ’n Gebrek aan verrigting in die Hoëveld se dun lug is al wat hom kan kelder.
Die Juke se verdelende ontwerpstyl het op die minste slegte buurmanskap ver­ oorsaak en op die ergste huwelike ver­ woes. Nou verkoop hy soos ANC­lidmaat­ skap voor Mangaung. Dié turbo­weergawe verskaf die bestuursgenot van ’n Golf GTI, maar jy kan hom steeds met gemak teen ’n sypaadjie op ry.
Ford Ranger 3.2 XLT turbodiesel­4x4 (dubbelkajuit) outo­ maties – R456 992
Lexus GS 350 EX – R584 900
Die VW Amarok het die weg gebaan vir bakkies om by die agterdeur in te glip en in ’n motorkompetisie mee te ding. Bak­ kies het wel nie hulle eie kompetisie nie, en die Overbergse boere praat van ’n bakkie as ’n “kar”. Tog gaan die Ranger nie wen nie, want van die beoordelaars sal nie gemaklik wees met sy deelname nie. Al is dit ’n wonderlike bakkie.
Hyundai i30 1.8 Executive – R257 900 Die i30 is die skoonheidskoningin in sy klas en is goed toegerus, en voel na ge­ halte. Maar die enjin en hantering inspi­ reer ’n mens nie juis nie. Daar sal ook ’n sentiment wees dat haar sedan­broer, die Elantra, verlede jaar gewen het en dat die troon nie weer in die Hyundai­stal moet staan nie. As ’n mens af en toe terpentyn onder sy stert kon verf, sou sy kanse ook beter gewees het.
Die nuwe GS­reeks, wat groottegewys in die Mercedes­Benz E­klas se liga speel, is ’n uitmuntende motor. Maar hy verteen­ woordig nie so ’n groot sprong vorentoe dat hy die beoordelaars opgewonde gaan maak nie. En dan is daar altyd die moontlike persepsie dat die GX ’n glorifi­ ed Toyota Camry is.
Mercedes­Benz B180 CDI BlueEfficiency 7G­DCT – R343 000 Kyk na die nuwe B­Klas en nuwe A­Klas wat binnekort land, en dit word duidelik dat Mercedes­Benz die gemiddelde ouder­ dom van Merc­kopers heelwat gaan af­ bring. Die B180 CDI is ’n ruim, veilige, le­ wendige ryding. Ongelukkig herinner die voorkoms ’n mens steeds ’n bietjie aan ’n broodwa, en sy rit is te hard. Die ver­ vaardigers moes hom liewer in ’n “sagte” veldryertjie verander het. Dís mos wat al­ mal nou koop.
Opel Meriva 1.4T Cosmo – R265 500 Die Opel Meriva is ’n lekker ruim mikro­ minigesinsbussie met ’n vars voorkoms. Sy deure maak na weerskante toe oop soos kasdeure, wat dit maklik maak om kinders en oumense in te laai. Die turbo­ enjintjie is lewendig, maar uiteindelik is die Meriva eenvoudig net nie “hoof­ stroom” genoeg om met die louere weg te stap nie.
Porsche Boxster (2.7 PDK) – R589 000 Porsches is perfek in byna elke opsig. Hulle is nie altyd visueel aanvaarbaar nie (dink maar aan die Panamera en ouge­ slag­Cayenne) maar hou vir ewig, behou hulle waarde en sorg vir bedwelmende rygenot. Porsche Suid­Afrika kon egter steeds nie daarin slaag om ’n Boxster vir InRat te stuur nie, dus kan ons nie ’n eerstehandse mening gee nie.
Range Rover Evoque Si4 Dynamic 5­deur – R616 800 Die koms van die Evoque (uitgespreek “Iewouk”, volgens Jaguar Land Rover) het ryk, verveelde, trofeehuisvroue tydelik oor iets ander laat praat as Botox, Jimmy Choo se uitverkoping en by watter spa jy ’n bietjie meer as net ’n massering kan kry. Hy’s mooi, maar verdien nie heelte­ mal die ophef nie. Hy staan egter ’n goeie kans om te wen.
Toyota 86 High Spec 6MT – R334 500 Nes Mazda bekostigbare roadsters terug­ gebring het met die MX­5, het Toyota nou die bekostigbare sportkoepee (met agterwielaandrywing) laat herleef. Die 86 is ’n plesiermasjien en as jy eers die sleu­ tel in jou hand het, kan ’n dinamietkers dit nie losskiet nie. Twee dinge pla: die bagasiebak het net genoeg plek vir ’n Barbie­pop se klere, en sy verrigting ly moontlik ook te veel op die Hoëveld.
Toyota Yaris 1.5 HSD Xs – R230 600 Die Yaris HSD is ’n vreugde om te be­ stuur en perfek vir tieners wat snags Ma se kar wil “leen”, omdat hulle hom op batterykrag geruisloos by die motorhuis kan uitry. Die Yaris HSD verteenwoordig weldeurdagte, bekostigbare hibriedtegno­ logie – die elektriese motor se battery is byvoorbeeld nie in die bagasiebak nie. Al wen hy dalk nie is hy reeds pendelmo­ tor van die jaar in ons oë.
Promosieartikel: Toyota 86 High Spec 6MT
Ikoon van ’n nuwe orde
oyota en motorry-pret... dis soos “militere intelligensie” of “korrupsievrye regering” – ’n oksimoron. Wel, dalk was dit voorheen die geval, maar nie meer nie. Want nou het Toyota die 86 die lig laat sien, en dis sekerlik die prettigste sportkoepee wat die laaste paar jaar op die toneel verskyn het. Dit het egter nuwe bloed, in die vorm van Akio Toyoda, agterkleinseun van die stigter van Toyota, én motorsport-insig (Toyoda hou graag sy lyf renjaer en het selfs sy eie motorsportspan) gekos om
die 86-projek op dreef te kry. Om so ’n bekostigbare volbloed-sportmotor te bou het Toyota teruggekeer na die basiese beginsels wat motorry prettig en genotvol maak – lae gewig, genoeg krag en ’n stewige dog plooibare onderstel. Boonop het die maatskappy se sportmotor-erfenis inspirasie verskaf, met die klassieke klein Toyota Sport 800 wat die bokser-uitleg vir die enjin vasgelê het, terwyl die pragtige Toyota 2000GT ontwerprigting gegee het. Dis egter die Co-
rolla Levin AE86, oftewel “Hachiroku”, wat die geestelike voorganger vir die nuwe 86 is. Ook interessant is dat dié model toegerus was met ’n vroeë weergawe van die 4A-GE-enjin wat nou kultusstatus hier geniet, en ook die enigste twee Toyotas wat hier aangewys is as Motor van die Jaar – die Corolla Twin Cam in 1986 en die Corolla GLi Executive in 1989 – aangedryf het. Die 86 is spesifiek ontwerp om soveel as moontlik pret teen die laagste moontlike prys te bied. Daarom het Tet-
Die opwindende Toyota 86 kondig ’n nu­ we era by dié motorreus aan FOTO: QUICKPIC suya Tada, die hoofingenieur, en sy Subaru-eweknie, Toshio Masuda, hand en tand vir drie kernkomponente baklei: agterwielaandrywing, geen turbo-aanjaer nie, en gewone bande. Die 86 se turbolose bokser-enjin, met ’n boorwydte en slaglengte van 86 x 86 mm, ontwikkel ’n stewige 147 kW teen 7 000 r/min. en 205 Nm wringkrag tussen 6 400 r/min. en 6 600 r/min., wat dan deur ’n sportiewe sesganghandratkas en Torsen-vastrapewenaar na die agterwiele herlei word. Die plooibare enjin, seepgladde ratkas, nuwe onderstel met MacPherson-stuttipe voorvering en dubbelmik-agtervering, ’n gewig van net 1 239 kg, asook ’n lae swaartekragmiddelpunt (460 mm) en gewigverspreiding van 53:47, sorg dat die 86 uitmuntend hanteer. Binne is die vorm, uitleg en samestelling van die instrumente, die posisie van die stuurwiel, die werking van die skakelaars, asook die vorm en afwerking van die sitplekke geheel daarop gefokus om ’n optimale ry-ervaring te bewerkstellig. Met sy unieke dryfstelselformaat, kompakte ontwerp, ligte gewig en goeie krag-tot-gewig-verhouding wat sorg vir suiwer hantering, dinamiese ratsheid en uitstekende draaivermoë, is die luukse 86 High Spec 6MT (teen ’n prys van R334 500) beslis spesiaal. Hy het al klaar ’n hele spul titels agter sy naam, soos Top Gear se Motor van die Jaar en die Nieu-Seelandse Motor van die Jaar (albei vir 2012) en daarom meen ons dié ratse klein koepee het ’n goeie kans om ook hier met die titel weg te stap.
Promosieartikel: Toyota Yaris 1.5 HSD Xs
Hibriede tegnologie vir die mensdom D
ie Yaris HSD vorm deel van Toyota se strategie om hibriede weergawes vir elk van sy reekse te ontwikkel. Of jy met dié tegnologie saamstem of nie, dis hier om te bly. Hierdie motor bewys hibriede tegnologie werk ook in klein motors (die Yaris HSD is die kleinste en bekostigbaarste volhibried wat nou beskikbaar is), wat dit toegankliker maak vir ’n breër kopersmark. Die HSD onderskei hom van ander Yaris-weergawes met ’n eksklusiewe, lugdinamiese stileringspakket, en dié baadjie is nie net mooi nie, maar ook funksioneel. Die groter luginlaat voor met hersiene buffer-ontwerp verseker goeie verkoeling vir die hibriede aandrywingstelsel, en talle komponente onder die motor verbeter lugvloei om die Yaris die beste sleursyfer in sy klas – net 0,286 Cd – te gee. Binne is daar ook eksklusiewe hibried-kentekens en -kenmerke. Die driedimensionele instrumente het silwerkleurige ringhulse, en ’n Toyota Touchstelsel in die middelkonsole bevat ’n hibried-energiemonitor, sowel as die beheerknoppies vir die lugreëling. Buiten vier lugsakke het die Xs ook sluitweerremme met elektroniese remkragverdeling, noodremhulp, asook stabiliteitsbeheer, wat die Yaris ’n vyfsterbotsgradering in die streng EuroNCAPtoetse besorg het. Sy verkleinde hibriede aandrywingstelsel bestaan uit ’n hersiene weergawe van die 1,5 liter Atkinsonsiklus-petrolenjin met VVT-i in die tweedegeslag-Prius (55 kW en 111 Nm wringkrag), gekoppel aan ’n elektriese motor, kragomsetter, kragverdelingstoestel en dubbelmotorratmeganisme wat gehuisves word in ’n
Stygende brandstofpryse maak die Yaris al meer begeerlik. Boonop is hy pret om te bestuur | FOTO: QUICPIC ligte, kompakte transmissiehuls. Die elektriese motor wek 45 kW en 169 Nm op, en sy 144 V-nikkelmetaalhidriedbattery is klein genoeg om onder die agtersitplekke te pas, wat beteken die HSD behou die 286 liter-bagasieruim van die gewone model. ’n Kleiner E-CVT-palwisselratkas met twee bykomende rymodusse, Eco en EV, dryf die voorwiele aan en gee die HSD
aanvaarbare verrigting en uitstekende verbruik – volgens Toyota net 3,8 liter/100 km met CO2-uitlaatgasse van net 88 g/km – die beste in sy segment. Sonder ’n koppelaar, aansitter, alternatorband of tydketting in sy aandrywingstelsel behoort die HSD se instandhoudings- en loopkoste laer te wees as dié van ’n gewone petrolmotor, en die Xsvariant se prys van R230 600 is ook re-
latief mededingend. In die laaste jare het ’n hele klomp hibriede rygoed finalisstatus behaal in die Motor van die Jaar-kompetisie, maar die trofee het hulle tot dusver ontwyk. Die Yaris HSD is sekerlik die beste hibried-kandidaat tot dusver, maar of daar genoeg waardering gaan wees vir sy gevorderde tegnologie en groen getuigskrif, gemeet aan sy prys, bly ’n ope vraag.
Promosieartikel: Lexus GS350 EX
Die spil waarom als draai
Die GS se aantreklike, spoelvormige neus pryk op al meer Lexus­modelle | FOTO: LEXUS te help. Binne is die EX weelderig uitgevoer met sagte leer, en daar’s ’n middelkonsole wat uit een soliede stuk aluminium gesny is, netjiese houtgrein-afwerking en die motorwêreld se grootste elektroniese multiskerm. Met meer kop-, knie-, been- en voetruimte as sy voorganger; hersiene deuropeninge vir makliker toegang; en ’n groter, dieper en wyer bagasiebak het
die nuweling ’n innoveringsprys losgeslaan op die wêreldwye Automotive Interior Expo in 2012. Buiten sy byna ongeëwenaarde lys van standaard-toerusting het die GS350 ook ’n juweel van ’n enjin. Die 3,5 literV6 met VVT-i grom heerlik wanneer hy sy 233 kW en 378 Nm deur ’n sesgangECT-i- outomatiese opvolgratkas met Drive Mode Select-beheer (Eco-, Normal-
en Sport-modus) aan die agterwiele beskikbaar stel. Paddinamika was ook ’n fokuspunt, en met ’n stewiger onderstel, wyer spoor, 18-duim-bande en hersiene veerstelsel is die GS nou heerlik vasvoetig – en selfs prettig – in die draaie... Die jongste Lexus verdien sy status as finalis, want in sy nuwe gewaad is hy opgewasse teen die beste in sy klas.
exus, in teenstelling met ander weeldemotorvervaardigers soos Mercedes-Benz, BMW en Audi, het vyf jaar laas ’n finalis in die Motor van die Jaar-kompetisie gehad: die indrukwekkende Lexus LS460. Met dié vervaardiger se uitmuntende vertoning in die Amerikaanse JD Power-gradering vir bougehalte die afgelope dekade, tesame met sy goeie naam vir betroubaarheid en duursaamheid, sou ’n mens verwag méér van sy produkte sou oor die jare heen as finaliste gekies word. Nou, waarom nie? Wel, behalwe vir ’n kleiner produkverskeidenheid, het sy motors, weliswaar topklas, nog nooit werklik visueel uitgestaan nie. Wat stilering betref, het die Japannese weeldevervaardiger agtergebly, veral gemeet aan sy Europese mededingers. Maar dít het nou verander, want met die nuwe Lexus GS350 EX is ’n nuwe, meer radikale, ontwerprigting ingeslaan – wat vergestalt word in die nuwe spoelvormige rooster wat voortaan op alle Lexus-modelle sal pryk, die sogenaamde Spindle. Dié ontwerpkonsep het sy oorsprong in die lang geskiedenis van Toyota (waarvan Lexus deel is), want voordat die motorreus karre gebou het, het hy weeframe vir die tekstielbedryf vervaardig, en die spoel, met sy kenmerkende vorm, was letterlik die spilpunt van dié weefmasjiene. In moderne Lexus-gestalte vorm dit ’n mooi aërodinamiese geheel saam met die aggressiewe voorbuffer. Versonke projektortipe hoofligte en LED-dagryligte dra by tot die sportiewe gevoel, en agter is dit te sien in ’n buffer met ’n lugverspreider en L-vormige LED-ligte met spesiale vinne om lugdinamika aan
die2013motorvandiejaarfinaliste NET EEN STAL DEK ’N KWART VAN DIE WEDREN
Met ’n kwart van die Motor van die Jaar 2013 finaliste wat uit die Toyota-groep kom, kan Lexus GS 350 EX, Toyota 86 Hoë Spesifikasie handrat en Toyota Yaris 1.5 HSD XS bestuurders net so trots voel soos ons.
Promosieartikel: Mercedes­Benz B180 CDI BlueEFFICIENCY 7G­DCT
Die nuwe B­Klas slaag daarin om ’n kompakte veeldoelvoertuig sportief én jeugdig te laat lyk | FOTO: QUICKPIC
In ’n ander(se) klas W
aar’s die dae toe ’n MercedesBenz nog, wel, soos ’n Merc gelyk het? Deesdae gee Stuttgart die toon aan met treffende, onkonvensionele ontwerpe, maar tradisionele sedanlyne is nou in weinig van sy modelle te bespeur... Dit het alles begin toe die Duitse vervaardiger sy weeldemarkfokus laat vaar en ook in ander marksegmente begin speel het. Die gevolg hiervan was die radikale A-klas – ’n aweregse ingenieurstudie in vernuftige ruimtebenutting, maar met geen lyne wat sy stamboom verklap nie. Ook die B-klas kort daarna het wat ontwerp en uitleg betref, die voorbeeld van die A-klas gevolg – in skerp teenstelling met die BMW 1-Reeks en Audi A1, tradisioneel Merc se mededingers, wat die tradisionele lyne van hulle groter stalmaats nagevolg het. Die tweede geslag B-klas bou voort op sy voorganger se nalatenskap, in wat Mercedes beskryf as “ ’n nuwe era vir
die kompakte sport-toermotorklas”. In wese beteken dit die nuwe B-klas is net so gerieflik en ruim soos die vorige model, maar aansienlik doeltreffender, ratser en dinamieser wat ontwerp en tegnologie betref. Dit sien ’n mens ook in die B-klas se afmetings – die nuweling is langer en breër as sy voorganger, maar byna 50 mm laer. Sy buitestilering het steeds miniveeldoeler- gekruis met luikruglyne, maar hy is nou meer verfyn en sportief elegant met ’n sleurkoëffisiënt van net 0.26. (Die nuwe A-klas, in wese ’n kleiner, bonkiger weergawe van die B-klas, is onlangs in ’n Duitse kompetisie aangewys as die mooiste motor van die jaar – dit wys Mercedes se nuwe ontwerpstyl vind wél aanklank...) Binne is die sitplekhoogte in verhouding tot die pad met 86 mm verlaag, maar die sitposisie is nou meer regop. Terselfdertyd is kopruimte aansienlik verbeter, asook beenruimte agter. Soos wat ’n mens van ’n Mercedes-
Benz verwag, is die binneruim afgewerk met materiale van hoë gehalte, en hy spog met toerusting wat normaalweg net in duurder rygoed te kry is. Drie toerustingvlakke – Sport, Exclusive en Night – is beskikbaar, elkeen smaakvol in eie reg. ’n Wêreld-eerste in die kompakte klas – en standaard in die B-klas – is ’n radargegronde botswaarskuwingstelsel met remhulp wat deur middel van klankwaarskuwings die gevaar van botsings van agter verminder. Hierdie “demokratisering” van veiligheid word voortgesit met ander Mercedes-Benz-ontwikkelings soos Pre-Safe en Attention Assist, asook die Comandmultimediastelsel en ECO-stop-rystelsel. Boonop het die B-klas splinternuwe enjins met onder meer direkte inspuiting en turboaanjaging, asook dubbelkoppelaar- of handrat-transmissiestelsels, wat tot 21% suiniger is as hulle voorgangers. Die B180 CDI se derde geslag viersilin-
der-turbodieselenjin van 1,8 liter, wat 80 kW en 250 Nm teen ’n lae 1 400 r/min. lewer, is die eerste diesel wat dwars in ’n Mercedes-Benz gemonteer word. Die enjin lewer ongelooflike verbruik(4,4 liter/100 km) en uitlaatgassyfers (121 g CO2/km) en is saam met die nuwe kompakte 7G-DCT-dubbelkoppelaar-ratkas in die B-klas ontwikkel. Drie kenmerke gee die B180 CDI besonder ratse hantering: sy laer swaartekragpunt, ’n nuwe vierskakel-agteras en ’n verbeterde elektroniese stabiliteitsbeheerprogram. ’n Sportveringstelsel met stewiger skokbrekers en ’n elektromeganiese Direct Steer-stuurstelsel is ook beskikbaar. Alles in ag genome is die nuwe B180 CDI (outomaties) ’n anderse dog uiters welkome toevoeging tot Stuttgart se stal, en sy prys van R343 000 is in Mercedes-Benz-terme heel skaflik. Moontlik kan dié model Mercedes-Benz weer ná 26 jaar ’n Motor van die Jaar-toekenning besorg.
Maak plek vir die volgende generasie. Die nuwe Mercedes-Benz B-Klas. Met ’n weelderige binneruim en vindingryke veiligheidskenmerke soos Botsingvoorkomingsbystand, ’n intelligente radar-gebaseerde vermydingstelsel, is die nuwe B-Klas aan die voorpunt as dit by praktiese motors met ’n lekker jong geaardheid kom. Maak sommer vandag nog ’n draai by jou naaste handelaar of vir meer inligting besoek www.mercedes-benz.co.za/b-class.
* Nou beskikbaar in petrol- en dieselmodelle. Voertuigspesifikasies mag verskil vir Suid-Afrikaanse mark.
Promosieartikel: Range Rover Evoque Si4 Dynamic vyfdeur
’n Fantasie word verwesenlik T
oe Jaguar Land Rover sy LRXkonsep in 2008 die eerste keer by die Detroit-motorskou aan die wêreld gewys is, was almal onmiddellik verlief. “Alles goed en wel,” het die skeptici gesê, “maar die eindproduk sal nooit so lyk nie. Nie nadat die boontjietellers al die pret bederf het nie.” Drie jaar later is die produksieweergawe van die konsep onthul… en die Evoque gedoop. Wat merkwaardig is, is dat die Evoque so te sê ’n spieëlbeeld van die LRX-konsep is – iets wat nie dikwels gebeur nie, omdat ontwerpers se fantasieë te duur is om werklikheid te word. Die Evoque betower bewonderaars nie net met sy voorkoms nie, maar ook met die binneruim. Kopers van sogenaamde premiummotors wil graag hulle persoonlike stempel op hulle ryding afdruk. Daarom gee Range Rover elke eienaar die geleentheid om sy of haar Evoque vir sy (lewen)styl te bou. ’n Groot aantal samestellings van kleure, materiale en toerusting is beskikbaar, dinge soos kontrasterende dakkleure en pragtige ontwerpinterieurs. ’n Lang “panoramiese” glasdak (standaard) laat die kajuit oop en lig voel. Die Range Rover Evoque Si4 Dynamic beskik oor ’n viersilinder-2,0 liter-turbopetrolenjin met lae brandstofverbruik en ’n elastiese karakter wat ywerige versnelling bied, ook teen lae enjinomwentelings. Al vier wiele word aangedryf deur ’n sesgang- outomatiese ratkas wat met ’n elegante roterende knop pleks van ’n rathefboom beheer word. Met 177
Die Evoque trek nog net soveel aandag soos die LRX­konsep wat motorskougangers in 2008 laat swymel het | FOTO: NP kW en 340 Nm wringkrag is die Evoque in staat tot ’n 0-100 km/h-versneltyd van 7,6 sek., terwyl die gemiddelde brandstofverbruik ’n bewonderenswaardige 8,7 liter/100 km is. Die stuur is besonder akkuraat, en daar is ratspane agter die stuurwiel indien die bestuurder graag self ratte wil wissel. Die elektriese kragstuur is snelheidsensitief en voel dus lig in die stad, maar bied op die ooppad groter weerstand. Om draaie voel die Evoque rats, kompak en vasvoetig, en daar’s byna geen sprake van ’n bak wat oorleun nie. Die vierwielaandrywingstelsel, weg-